Showing the single result

  • REG in ’n KITS - basiese wenke vir die nutsman

    REG in ’n KITS – basiese wenke vir die nutsman (e-Boek)

    R100.00

    >
    Kliek Hier om Die Inhoud te Sien

    Reg in ’n Kits: basiese wenke vir die nutsman is ‘n puik saamgestelde gids tot al die vaardighede wat ‘n selfdoen-entoesias nodig het. Dit vermy doelbewus langdradige verduidelikings en konsentreer op die kernvaardighede wat nodig is om enige huis in stand te hou en te verbeter: van doodgewone messelwerk, afvlak en pleister, tot elementêre houtwerk; sweis, sweissoldeer en soldeer; kreatiewe verf en verftegnieke; en basiese loodgietery en elektriese werk.

    Elke hoofstuk wys watter gereedskap nodig is en hoe om dit te gebruik. Vaardighede word in aksie getoon, geïllustreer met stap-vir-stap kleurfoto’s wat jou presies wys hoe om tipiese projekte aan te pak. Wenke is regdeur die teks gestip om probleemareas uit te wys en die vinnigste, effektiefste metodes te identifiseer om dit te hanteer.

    Hierdie boek is ideaal vir die beginner-nutsman, die selfdoen-entoesias of enigeen wat sy of haar beter as nutsman wil bekwaam met die oog op ‘n moontlike inkomste. Toegerus met ‘n kennis van hierdie vaardig hede sal jy jou ervaring kan verbreed en, met oefening, jou eie kundigheid selfs verder ontwikkel. Dit is die boek wat jou met selfvertroue, spoed en vaardigheid aan die werk sal laat spring.