Waterfokuspunte vir die Tuin en Patio(e-Boek)
R100.00>
Kliek Hier om Die Inhoud te Sien
Waterfokuspunte vir die tuin en patio is ‘n inspirerende boek wat jou huis en tuin ‘n belewenis sal maak. Dit is ‘n omvattende, praktiese gids wat jou sal help om dammetjies, formele vywers en ‘n volledige reeks waterfokuspunte in enige grootte en styl vir jou patio en tuin te ontwerp, te bou en te installeer.
Ongeag of jy ‘n ambisieuse watertuin wil skep wat diere, insekte en voëls sal lok, ‘n reflektiewe leliedammetjie wil bou of eenvoudig ‘n ornamentele spuitfonteintjie op jou patio wil aanbring, jy sal hier die idees en aanwysings vind om jou planne maklik deur te voer.
Jy sal volop inligting kry oor waterdigting, van goedkoop poliuretaan en geotekstielmembrane tot verseëlde beton en veselglas. Volledige aanwysings om ‘n verskeidenheid houers te verseël, word stap-vir-stap geïllustreer.
Hierdie boek sal jou wys hoe om jou ontwerpe te beplan en uit te voer, en verskaf gedetailleerde inligting oor gereedskap, seëlaars, pompe en filters. Ontwerpe is goed geïllustreer en sluit talle “voor en na”-voorbeelde in om selfs die huiwerigste nutsman te inspireer.
Nadat jy jou waterfokuspunt gevestig het, sal jy leer hoe om dit in stand te hou, vis daarin te sit, en voëls, paddas en ander wildlewe na jou nuwe omgewing te lok.
Besonderhede omtrent randplante, drywende waterplante, asook rotstuinplante word verskaf, met kleurfoto’s om jou te help om die plante te identifiseer.
Skep ‘n fokuspunt wat jou buitemuurse omgewing sal verfraai en nuwe lewe daaraan sal gee – dit kan ‘n natuurlike dammetjie wees om vis in aan te hou, of ‘n meer kompakte fokuspunt wat bestaan uit plantbakke om jou patio op te helder, ‘n eenvoudige Japanse fokuspunt of ‘n kabbelende stroompie wat heeltemal natuurlik lyk. Met hierdie pragtig geïllustreerde boek sal jy die waterfokuspunt waarvan jy nog altyd gedroom het, kan skep.